Kategorie:
Veldkamp
Waar en wanneer vind die kamp plaas?
September op Doornkloof
Kort beskrywing van die kamp:
Klem word op die belewing van avontuur in die natuur gelê. Spanwerk en die identifisering van leiers is ’n ander belangrike aspek van die kamp. Hier word jy een met die veld en leer baie oor maatskap en saamwerk in ’n groep. Jy kry ook die geleentheid om jouself beter te leer ken en verstaan.
Vaardighede wat op die kamp ontwikkel word:
Veldvernuf (Verkenner-spesialisasie)
Kampleier:
Corlia Botha
Selfoon: 082 550 2071
E-pos: corliab45@gmail.com
Vanjaar is daar weer met groot opgewondenheid uitgesien na die Gr. 7 Avontuurkamp te Doornkloof. Dit is die Penkoppe en Drawwertjies se laaste kamp in die laerskool en dit het aan al die verwagtinge voldoen.
Daar is skuilings gebou, vermom en bekruip, en geleer om ’n boog te maak; by die verskillende ontwikkelingsbane het die kinders geleer om ’n bietjie buite die kassie te dink en as ’n span saam te werk.

Die aandprogramme was ook vol opwinding en daar is toring gebou, ’n “vyfgangmaaltyd” genuttig en die Suiderkruis Olimpiese spele het plaasgevind.
Die roetemars, genaamd Operasie Suiderkruis is altyd ’n hoogtepunt, want dan kry die kinders droë rantsoene vir die dag en moet hulle die plaas deurkruis om die verskillende leidrade te kry.
Soos een van die Penkoppe na die tyd gesê het: “Dit was my lekkerste kamp nog ooit.” ’n Span uitstekende offisiere sorg verseker dat hierdie kamp elke jaar vir die kinders ’n hoogtepunt is.
Deur: Corlia Botha